Afsëelings Gebed

Hemelse Vader, ons kom na U in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ons dank U dat U God Almagtig is, en ook die Groot EK IS.

Ons dank U dat U aan ons die Heilige Gees gegee het as Berader, Helper, Advokaat, Leermeester en Verlosser.

Ons dank U vir U Teenwoordigheid en U bevrydings-salwing. Dit sal die salwing wees wat die juk verbreek.

Ons verbied enige gees wat buite is om hierdie plek binne te kom vir watter rede ookal, en ons verbied enige bose gees om na enige ander plek of persoon gestuur te word as gevolg van wat hier gebeur.

Ons verbied nou enige versterkings komende van satan, in die Naam van Jesus Christus. Here, ons vra dat U verwarring sal skep in die vyand se kamp.

Vader, ons vra U om U oorlogs Engele op te stel in hierdie vertrek en enige mensgees, gestorwe mensgees, demoniese siels kopie, geestesleier, of familiêre gees – ook prinsipaliteite, “nephilum, amphibian/reptilian” te arresteer en hulle te verwyder tot onder die voetbank van Jesus Christus ons Here.

Ons bind elke bose gees in hierdie plek en verbied enige geweld, manifestasies en pynigings , in die Naam van Jesus Christus.

Ons weier enige meditasie-sirkels, en isoleer enige mag van demoniese kragte van mekaar, in die Naam van Jesus Christus.

Ons verbied en bind enige hipnose en self-hipnose, meditasie en psigiese kragte, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ons isoleer die magte van mekaar, in Jesus Naam.

Ons reinig die 4 elemente, water, aarde, lug en vuur, met die Bloed van Jesus. Ons vra U, Here, om alle spieëls te bedek met U Bloed en alle toegange af te seël in Jesus Naam.

Ons kom te staan teen enige vloeke, rituele, oproepinge, towerspreuke, offerandes of altare wat teen ons en die persoon opgerig staan, in Jesus Naam.

Dankie dat U nou alle kerse, wat teen ons is in rituele aangesteek is, in Jesus Naam uitblaas. Dankie dat U alle vloeke omdraai in seëninge.

Here, ons vra dat U hierdie vertrek afseël met U kosbare Bloed, en dat U ons sal wegsteek in die Gees en verklaar hierdie vertrek as Heilige Grond.

Here, ons vra dat U dienende Engele sal stuur om ons in Jesus Naam, volgens Hebreërs 1:14 , te bedien.

‘Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.’

Heb 1:14

Ons gee oor aan U, Heilige Gees van God, omdat ons weet dat dit nie deur krag of geweld hoef te wees nie, maar deur U Gees, sê die Here (Sagaria 4:6).

‘Hy het toe vir my gesê: “Dit is wat die Here vir Serubbabel sê: Nie met mag of krag nie, maar deur my Gees, sê die Here , die Almagtige. ‘

Sagaria 4:6

Ons vra dat U ons geliefdes bedek en plaas alle omstandighede onder U beheer en beskerming (ons finansies, huwelike, verhoudings, bedieninge). Ons bind nou satan se koninkryk hier op aarde, net soos dit gebind is in die hemel.

Kom en vul ons met U Gees, medelye, liefde, onderskeiding, woord van kennis, wysheid, vertolking en insig.

Ons as U kinders, kies om die vlees te kruisig sodat niks van onsself hier oorgedra word nie. Ons beklee onsself met U priesterlike klere om die roeping wat U op ons lewens het, te vervul. Here, maak asseblief ons geestelike oë en ore oop.

Dankie Vader, dat U aan ons al die mag oor die vyand gegee het, en dat niks ons kan skade aandoen nie. (Lukas 10:19).

‘En Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle vermorsel. Niks sal julle beseer nie. ‘

Lukas 10:19

Ons verbied in Jesus Naam, enige inmenging met die werking van die Heilige Gees.

Vader, ons kom te staan teen enige kommunikasie-lyne (Efes. 6:12) tussen die magte, wêreldheersers, owerhede, geestelike magte en demoniese magte in die lug, op die aarde, in die hemelse sfere en onder die aarde. Ons maak alle in- en uitgange toe, in die Naam van Jesus Christus. Ons vra dat alle geestelike kameras en opnemers vernietig sal word in Jesus Naam.

‘Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes. ‘

Efs 6:12

Ons kom te staan teen enige hekse, toordokters, towenaars en goëlaars in die Naam van Jesus Christus. Ons sny alle kommunikasie met satan self en maak die deure toe in die Naam van Jesus.

Ons vra U, Vader, om die hemelse hofsaal voor te berei en dat al die demone en familiêre geeste sal kom en hul plekke inneem.

Ons vra U, Vader, om die Regter te wees, Jesus die Advokaat en die Heilige Gees die Getuie.

Dankie vir U Woord in Openbaring 12:11 wat sê dat ons die vyand oorwin het deur die Bloed van die Lam en die Woord van ons getuienis.

‘En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het. Hulle het hulle lewens nie so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterf nie. ‘

Openbaring 12:11

In Jesus Naam,

AMEN.

Categories: